02/03/2026
Jan Bester was ons kollega en vriend met die groot hart en groot glimlag. Immer joviaal en met 'n glinster in die oog. Ons eer hom vir die verhoudinge wat hy gebou het en lewens wat hy ingekleur het in die tien jaar wat hy deel was van ons span.
Rus sag, Jan. Ons harte is seer. Ons sal nooit vergeet nie.