12/11/2024
Rysmiere, Donderweer& 'n Capie in die Bosveld.
Ek wonder of ek ooit lankgenoeg in die Bosveld sal woon dat ek nie meer myself indentifiseer as 'n Capie nie? Verstaan my reg, eks verlief en verlore op die Bosveld. Maar as die rysmiere uitkom. Die donderweer teen ons Berg van Yster (Thabazimbi) slaan, dan onthou ek waar my wortels 1st geplant was.
Ek onthou my 1st donderstorm, buite die Kaap. Dit was in die Kalahari. 31Jan2008. Ek was só bang& in trane ekt in my kas gesit tot dit verby was. Nou sit ek (soms) by 'n oop venster&kyk hoe my tuin sing. Ek onthou die 1st swerm rysmiere wat my huis oorval het. Ek onthou hoe die trane op die vuil vloer geval het terwyl ek hulle opvee. Nie omdat hulle dood is nie. Maar omdat hulle geleef het! Tot in my huis! Miljoene van hulle! Nou lag ek vir hulle soos hul buite my toe venster val, want as die voorloper op my stoep is, is my huis binne oomblikke gesluit & kom skaars 1 deur n gaping!
Elke jaar is die rysmiere weereens vir my 'n groot skok. Ek hardloop gisteroggend deur ons nat strate&moet mooi mik vir plasse water, 'n plat padda, massas dooie rysmiere&wonder.... hóé kon die Egiptenare nie ingegee het nie! Hoé kon hul nie geglo het nie. En ek verstaan hoekom die Israeliete so sterk was. Ek d**k ons kry 'n oomblik se angs sodra ons die 1st swerm rysmiere sien aankom... en verstaan so bietjie.
Soos ek hardloop (en ook baie loop!) besef ek, ek is eindelik vry. Woonagtig in n vry land. Maar nog meer: Vrygekoop deur my Verlosser. Ek hoef net te hop scotch oor dooie paddas&plat shongololos, in vars Bosveld lug en opkyk na ons ysterberg; Dan weet ek.... Geen storm kan my platslaan. Want ek rus in die skadu van my Skepper. My Verlosser. Hier in die Bosveld herinner Hy my daagliks van Sy mag&krag. Hier in die Bosveld sal my wortel diep skiet en aanhou blom!
PSALMS 91:1-2, 9-11 AFR83
[1] Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, [2] hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
[9] Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer..[11] Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.