08/09/2026
🎭 PERSPEKTIEF – ’n Teaterervaring wat jou laat lag… en dalk ’n bietjie anders na die lewe laat kyk!
Is jy moeg daarvoor om die mal moderne wêreld te probeer oorleef? 😅 Dan is PERSPEKTIEF, met Gerard Sonder die H, ’n vertoning wat jy nie wil misloop nie!
Deur die absurde wêreld van clowning vertel PerspekTIEF die stories van die “everyman” en “everywoman” – mense wat probeer sin maak van die lewe, werk, verhoudings en alles wat die moderne wêreld na ons toe gooi.
Met skerp opinies, ontploffende stories en ’n goeie dosis absurditeit word ons uitgenooi om te lag vir die dinge wat ons gewoonlik wil laat huil.
Agter die harlequin-masker kom Gerrie, die meer sensitiewe mens, stadig maar seker na vore… totdat die masker verdwyn en ’n kwesbare mens die gehoor alleen moet konfronteer.
✨ PERSPEKTIEF is snaaks, vreemd, eerlik en uiteindelik hoopvol – ’n vertoning wat jou hopelik met ’n gevoel van vernuwing en hoop huis toe stuur.
📍 Searles Stanford
21 Queen Victoria Street, Stanford
🎭 Gerard Sonder die H
📅 19 September | 18:30
📅 20 September | 12:00
🎟️ R150 pp
📞 Kaartjies & besprekings: 083 241 7211
Kom lag saam. Kom kyk na jouself deur ’n ander PERSPEKTIEF. ❤️🎭