31/10/2025
Einde-van-die-jaar-sindroom...
Jou moeg lê eenkant en grin.
Jou speedomitor se naald wys 160km/per uur.
Iewers verbeel jy jou jy ruik al suntan lotion en triffle poeding- maar dis net jou verbeelding.
Vir jou my girl wat saam my, so voel, kan ek net die volgende tips gee.
Luister na die een wat die hardste skree.
Maak hulle eerste stil.
Doen net wat bo-op die hopie lê.
Maak partykeer of jy nie gehoor het nie.
Vergeet dit wat jy vergeet het.
Gaan lê langs jou hond, diere is goeie terapie.
As almal hol, stap.
Kry vir jou 'n baie groot koppie, gaan staan soggens op jou balkon, drink jou koffie en sê vir jouself:
"This too shall pass, eventueel kom ons almal daar uit".
kopiereg: Yolande Brittnell-Steyn
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za
Kuns: Ronald West