22/06/2023
Vir die mense wat nog nie weet nie Tannie Cecile verlaat ons na die maand. Ons nooi almal uit om haar vanaand te kom groet by Stofdraai en vir oulaas 'n geselsie saam haar te geniet. Tannie Cecile is n betroubare hardwerkende persoon wat altyd optree in die belange van ander. Sy is 'n wonderlike ma vir haar dogter en het self soos 'n ma geword vir baie inwoners van ons gemeenskap. Ons wens haar baie sterkte toe met die pad vorentoe en ons gaan haar vriendelike diens en wonderlike persoonlikheid elke dag mis.