20/01/2012
Geagte Pearly Beacher,
GEHOOR APPARAAT VIR MNR STOFFEL ROSSOUW
Baie baie dankie vir al die wonderlike mense daar buite wat 'n handjie wou uitsteek en help met Stoffel se gehoorprobleem! Die positiewe terugvoering is fantasties en ons het baie baie goeie inligting van Mev. Krystyna Martin ontvang en eerste ding vanoggend gebel en verder uitgevind daarvan! Stoffel sal weer getoets moet word en dan moet hy Worcester toe vir die pas ens. van gehoorapparaat! Met die gevolg is dat die kostes nie meer R7000 gaan wees nie maar ongeveer 'n skrale R1000!
Ons het nogsteeds wel u hulp nodig om hierdie fondse intesamel!
By voorbaat Dank
Lizette