Klipwerf Malmesbury Langarm Disco

Klipwerf Malmesbury Langarm Disco Goeie dag lede van die groep,

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons besig is om 'n Langarm Disco

Goeie dag lede van die groep,Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons eerste langarm dans plaasvind op Saterdag, 27 Sep...
06/08/2025

Goeie dag lede van die groep,

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons eerste langarm dans plaasvind op Saterdag, 27 September 2025 by die Landbou Skou Saal in Malmesbury! 💃🕺

🎉 Tema van die aand: 80’s
Trek jou beste retro-uitrusting aan en kom dans saam op die treffers van die 80’s!

🎟️ Kaartjies sal beskikbaar wees op Quicket.
Let asseblief daarop dat daar 'n beperkte aantal kaartjies beskikbaar is — moenie uitmis nie!

🏉 Daar is ook Springbok-rugby teen Argentinië dié dag, wat ons regstreeks op die grootskerm in die buite-area sal uitsaai — bring dus jou geesdriftige Boktrui saam!

🍻 Soos voorheen kan jy jou eie koelerboks inbring.
Daar sal ys, koeldranke en boereworsrolle beskikbaar wees om te koop.

🪑 Tafels is op ‘first come, first serve’-basis, so kom vroeg vir ‘n goeie plek!

Trek daai dansskoene aan en kom kuier saam — wie weet, dalk verras ’n gaskunstenaar ons die aand! 🎤

Groete,
Klipwerf Malmesbury Bestuur

Kaartjies se link👇👇

https://www.quicket.com/events/329511-klipwerf-malmesbury-langarm-disco

Goeie dag lede van die groep,Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons besig is om 'n Langarm Disco vir Malmesbury op di...
04/08/2025

Goeie dag lede van die groep,

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons besig is om 'n Langarm Disco vir Malmesbury op die been te bring!

Voorlopig sal ons die dansgeleenthede twee keer per maand aanbied, sodat ons kan bepaal hoe groot die belangstelling is.
Elke aand sal sy eie tema hê – so hou gerus ons WhatsApp-groep dop vir opwindende aankondigings.

📌 Belangrike Inligting:
💸 Toegang: R100 per persoon | R150 per couple

🍻 Drank: Bring jou eie koelerboks

🧊 Ys, koeldrank, water en boerewors rolls sal beskikbaar wees vir koop

🚫 Geen onder 18’s toegelaat nie

⏰ Deure open om 19:00, musiek begin om 20:30

🪑 Tafels werk op 'n "first come, first serve" basis

Ons sal binnekort laat weet of kaartjies vooraf gekoop kan word, of by die deur beskikbaar sal wees.

Groete,
Die Klipwerf Langarm Disco Span

Address

Malmesbury
Malmesbury
7299

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klipwerf Malmesbury Langarm Disco posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share