Lichtenburg Skou

Lichtenburg Skou Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lichtenburg Skou, Lichtenburg.

30/08/2018

Baie geluk aan die nuwe bestuur van LLG wat gister op die AJV gekies is. Ek glo julle het die vermoe om die skou tot hoër hoogtes te lei. Ek hoop dit sal met julle goed gaan en dat God jul werk sal seën.
Voorsitter
Derick le Roux
Onder voorsitter
Pieter Oelofse
Ander lede
Herman Botha
Nico Venter
Heindrich Schulenburg

03/01/2018

Aandag Kleinuitstallers- Aansoek vorms vir vanjaar se skou beskikbaar los email adres vir meer inligting.

24/04/2017

More alaml ons het baie navra gekry oor die kunstenaars se optredes: daar gaan nie vanjaar n dansbaan wees nie, maar jul is welkom om langs die stoele te dans. Daar gaan stoele voor die paveljoen gepak wees en ook sitplek op die paveljoen. Indien dit dalk sou reen sal dit verskuif word na een van die sale.

21/04/2017

More let asb op die regstelling van Saterdag die Volwassenes is R30 en nie R20 soos voorheen deurgegee. Jammer vir die ongerief.

Woensdag - Gratis vir Almal

Donderdag - Voorskool en Laerskool -Gratis (spesiale Vermaak)
- Hoërskool en Volwassenes R40
- Senior Burgers Gratis (spesiale Vermaak oggend)

Vrydag - Voorskool en Laerskool - Gratis
- Hoërskool en Volwassenes R40

Saterdag- Voorskool- Gratis
Laerskool - R10
Hoërskool en Volwassenes R30

10/04/2017

So bietjie Geskiedenis oor die ontstaan van die Lichtenburgse Landbou genootskap

Op 22 Maart 1917 vergader 89 belangstellende Lichtenburgers in die stadsaal onder voorsitterskap van mnr. Munschield, die waarnemende landros. Op voorstel van Ben Lombard en gesekondeer deur P.G Dreyer, prokureur, word die Lichtenburgse landbougenootskap gestig.
Die volledige naam was: “Het Lichtenburg Landbouw Genootschap/Lichtenburg Agricultural Society”
Op hierdie vergadering word E.H. Mathews, J. Voorendyk, D.G. v.d. Merwe, G.J. Greeff, Ben Lombard, A.P. Visser, H. Schulenburg en M. Els as “voorlopige kommissie” verkies.
Daarna word E. Mathews en J. Voorendyk eenparig tot president en ere-sekretaris onderskeidelik verkies. Minder as ‘n maand daarna op 4 April word die volgende persone as beskermhere van die genootskap aangewys: Generaal J.C. Smuts (min. van Landbou), H.C. Hull, Marks, Tielman Roos, LV. A. Johnson, Sir Jan Langerman en die landdros van Lichtenburg.
Ledegeld word vasgestel op 10 sjielings en 6 pennies (R1.05) per lid per jaar. Die gebied wat by die
Genootskap ingesluit was het tot by Ottosdal, Coligny, Sannieshof, Delareyville en Geysdorp gestrek.

Op 18 April van dieselfde jaar word die volg. Komitee aangewys om ‘n geskikte terrein vir die genootskap te soek: E.H. Mathews, Theo Bosman, J. de Beer, P.G. Dreyer, Retief, J. Voorendyk, die
Landdros en die dorpsklerk, C.B. Maartens. Ses dae later kon die komitee ‘n stuk grond aangrensend
aan die spoorwegstasie by die bestuur aanbeveel. Dit het algemene byval gevind en daar is dadelik
begin om die grond te omhein, te ploeg en bome aan te plant. Hierdie terrein is sedertdien tot en met 1983 as skouterrein gedien.

Nieteenstaande die feit dat die gebied waarvoor die genootskap aanvanklik beskik het met verloop
van tyd drasties gekrimp het agv die afstigting van gebiede soos Delareyille, Ottosdal, Sannieshof en
Coligny wat elk met hul eie skou begin het, het die skou omvang van Lichtenburg steeds toegeneem
sodat die skouterrein na 65 jaar te klein geword het. Daarom verkoop die landbougenootskap die terrein in 1981 aan Noordwes Kooperasie Bpk., en bekom ‘n veel groter gebied ‘n paar km oos van die dorp, langs die Lichtenburg/Kosterpad waar die 1e skou reeds in 1984 sou plaasvind. Agv die ongekende droogte wat veral ook hierdie gebied geteister het is die 1984 skou afgelas, en is die volg.
skou reeds in 1985 bepaal. Aanvanklik het die landbougenootskap benewens sy eerste doel, nl. Die
hou van gereelde landbouskoue, ook as spreekbuis v.d. boeregemeenskap opgetree. Hierdie funksie
het dit tot in 1828 vervul toe die Lichtenburgse Boerevereeniging op 12 Mei gestig is.

Nadat verskeie ander landbougenootskappe in die omliggende dorpe gestig is, is die “Wes Transvaalse interskoukomitee” gestig met die doel om mekaar op georganiseerde wyse te skakel.
Bg komitee reel as o.a. die skoudatums vir die gebied en bied ook onderlinge morele steun aan mekaar.

Die Lichtenburgse landbougenootskap se strewe is om jaarliks ‘n skou, wat oor 3 dae strek aan te bied. Die program is omvattend. ‘n Groot verskeidenheid landbouimplemente word jaarliks vertoon.
Daarbenewens wek die afdelings veeteelt, landbouprodukte, pluimvee, huisvlyt, motorvoertuie, masjienerie, kunswerke, blommerangskikkings, kinderkuns, huisversiering, meubels en so meer,
groot belangstelling.

Tydens die 1e skou wat in 1918 gehou is, was E.H. Mathews die voorsitter en J. Voorendyk die
Ere-sekretaris.

In Mei 1985 is die skou vir die eerste keer op die nuwe skouterrein, langs die Lichtenburg Kosterpad
gehou.

Die kulturele en ekonomiese waarde van hierdie jaarlikse skou word dikwels onderskat. Afgesien van die harde werk, die ontspanning, die genieting en die opvoedkundige waarde wat dit bied, wek dit ‘n gesonde, intensiewe en volgehoue kompetisiegees wat as prikkel dien om kwaliteit en
produktiwiteit steeds te verbeter.

10/04/2017
28/03/2017

Middag hier is die skou se ingangs kostes;

Woensdag - Gratis vir Almal

Donderdag - Voorskool en Laerskool -Gratis (spesiale Vermaak)
- Hoërskool en Volwassenes R40
- Senior Burgers Gratis (spesiale Vermaak oggend)

Vrydag - Voorskool en Laerskool - Gratis
- Hoërskool en Volwassenes R40

Saterdag- Voorskool- Gratis
Laerskool - R10
Hoërskool en Volwassenes R20

Donderdag en Vrydag Middag 2uur- Perde Vertonings

Vermaak Tydens die Skou, stuur gerus aan vir ouma's, oupa's, oom en tannies - oud en jonk!!!
17/03/2017

Vermaak Tydens die Skou, stuur gerus aan vir ouma's, oupa's, oom en tannies - oud en jonk!!!

15/02/2017

Lichtenburg Skou Fotokompetisie 2017

Die foto-afdeling van die skou gaan weer die jaar sy jaarlikse kompetisie aanbied. Die hoof tema sluit aan by die landbouskou se 100ste viering, wat “van toeka tot nou” is.
Inskrywings moet op digitaal asook A4 gedrukte foto’s met bypassende montering ingehandig word. Inskrywings moet by FotoRama in Buchanan straat oorkant home affairs in gedien word.

Die onderskeie Afdelings is:
Skole- alle skoliere.

Casual- die afdeling is vir volwassenes wat nie aan ‘n fotografieklub behoort of proffessioneel foto’s neem nie.

Senior- die afdeling is vir volwassenes wat aan ‘n fotografieklub behoort het of tans n lid is asook proffessionele fotograwe.

Die onderskeie kategorië is:
• Ope- wat by die skou se tema aansluit “van toeka tot nou”. Enige foto wat nie by die ander kategoriëe pas nie kan hier ingeskryf word.

• Natuur- Wilde diere in hul natuurlike habitat- troeteldiere nie toelaatbaar in die afdeling nie.

• Landskappe- fisiese elemente soos landskappe, see, fauna en flora en abstrakte elemente soos weerlig en weerstoestande.

• Makro-enige voorwerp van naby geneem.

• Portret- ‘n persoonlikheid wat dominant is in ‘n foto. Is nie beperk tot kop en skouers nie. Kan net n gedeelte van gesig of vollengte ook wees.

Kontak besonderhede: 018 632 2371 navra Peet of Nicky.

Address

Lichtenburg
2740

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lichtenburg Skou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share