29/06/2026
EEN VIR DIE BOEKE!
Met amper 530 mense was Louwsrus se stoor warm gekuier Saterdagaand.💃🕺
❤️Wat hierdie geleentheid spesiaal gemaak het, was dat Juanita du Plessis in 2016 die Winterdans se heel eerste kunstenaar was en 10 jaar later, 'n dekade, was sy weer op ons verhoog saam met Jay du Plessis , Nadia Louw - Sangeres , Johan van der Merwe en Talitha Van Zyl !
🙏Baie dankie aan ieder en elk wat ons ondersteun het. is nie nét 'n dans nie, maar ook 'n GROOT KUIER! Die geselse, kinders slaap op kafbale en vee meel op die dansvloer bymekaar...waar anders sal jy dit so ervaar?
🙏DANKIE AAN ONS BORGE! Soos almal weet maak die borge en veiling die grootste deel uit van die Winterdans gebeurtenis!
Ons sien julle volgende jaar weer, SELFDE PLEK!
👉* WEN MET WINTERDANS!*
Deel met ons jou Winterdans 2026 ervaring deur jou beste fotos/videos vir ons te stuur na 0836016456 en staan die kans om 'n geskenkpak ter waarde van R1000 te wen!