17/09/2026
π βN BESONDERE EER VIR LUIPERDS RUGBY
Dit is vir Luiperds Rugby βn groot voorreg en trotse oomblik om ons President, Mnr Mervyn Taylor, geluk te wens met die ontvangs van die gesogte Pro Meritis-toekenning tydens die NWU Spring Sports Summit.
Die Pro Meritis-toekenning is βn besondere erkenning wat gereserveer word vir individue wie se jarelange diens, leierskap, toewyding en bydrae βn betekenisvolle en blywende impak op sport gemaak het. Die woorde Pro Meritis verwys na erkenning βvir verdiensteβ β en dit is presies wat hierdie toekenning verteenwoordig: erkenning aan mense wat veel meer as bloot βn rol of amp vervul het, maar deur hul diens βn nalatenskap help bou het.
Hy ontvang hierdie besondere eer ter erkenning van sy uitstaande bydrae tot Suid-Afrikaanse sport β βn prestasie waarop ons as Luiperds Rugby ongelooflik trots is.
Agter elke sportspan, speler en wedstryd is daar mense wat vir jare lank hul tyd, energie en passie gee om strukture te bou, geleenthede te skep en sport vorentoe te neem. Hierdie toekenning is βn gepaste erkenning van daardie soort diens en toewyding.
Mnr Taylor, baie geluk met hierdie besondere en welverdiende eer. Jou bydrae tot rugby, sport en die gemeenskap strek veel verder as wat op βn telbord gemeet kan word.
Die hele Luiperd-familie vier hierdie besonderse mylpaal saam met jou. ππ
Baie geluk, President! Ons is trots op jou.